On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

'Veediefstal bedreig boere se voortbestaan'

───   14:09 Thu, 14 Aug 2014

'Veediefstal bedreig boere se voortbestaan' | News Article
Dirk Kok
 
Bloemfontein - Die Nasionale Veediefstalforum se voorsitter, Jaco Maré, sê veediefstal het ’n probleem geword wat van kommersiële- tot bestaansboere se voortbestaan bedreig.
 
Die laaste vyf jaar word elke jaar derduisende stuks vee van gemiddeld R750 miljoen in die land gesteel.
 
Maré het op die Rooivleisprodusente-organisasie se nasionale kongres in Bloemfontein gesê slegs in die laaste boekjaar het beesboere bykans 35 000 diere van altesaam R363 miljoen verloor. Skaapboere het 63 000 diere van R135 miljoen verloor. Bokboere het ’n verlies van R47 miljoen gely as gevolg van die diefstal van 24 000 diere.
 
Bergville in Kwazulu-Natal en die aangrensende Harrismith in die Vrystaat is onderskeidelik negende en tiende op die lys van die ergste probleemgebiede.
 
Die meeste diefstalle is in gebiede in KwaZulu-Natal, gevolg deur die Oos-Kaap.
 
Maré het boere gevra om die hande van die polisie se veediefstaleenhede en die veediefstalforums te sterk en om die wetgewing oor die merk van diere na te kom.
 
Die Veediefstalforum het met die hulp van regeringsdepartemente en kundiges ’n gids oor die hantering van veediefstal vir boere saamgestel, wat op die kongres aan die RPO en die produsente-organisasie vir opkomende veeboere, Nerpo, oorhandig is.


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.