On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Grond is nie die kwessie nie, armoede is: Theuns Eloff

───   17:39 Wed, 20 Aug 2014

Grond is nie die kwessie nie, armoede is: Theuns Eloff | News Article

Kimberley - Die onderwys- en sakeleier Theuns Eloff sê die ANC het ’n mite geskep dat daar ’n grondhonger onder voorheen benadeelde Suid-Afrikaners is.

Eloff het op Agri-Noord-Kaap se kongres in Kimberley gesê statistiek wys 80% van alle grondeisers wil eerder geld as grond hê.
 
Navorsing in die 1990’s het ook gewys die meeste mense wil eerder grond in stede en dorpe hê, om huise te kan bou.
 
Hieruit is dit duidelik dat die land se groot probleem nie ’n grondprobleem is nie, maar ’n armoedeprobleem.

Grondeisekommissaris Nomfundo Gobodo het einde verlede maand gesê die meeste van die sowat 5 500 nuwe grondeise was nie vir grond nie, maar vir geld. Gobodo het toe ’n beroep op mense gedoen om, in die lig van grondhervorming, eerder grond as geld te eis.

 
Dirk Kok/OFM-nuus









Podcasts

Theuns Eloff:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.