On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

SA se ekonomiese probleme grootliks sy eie skuld: Möller

───   14:12 Thu, 21 Aug 2014

SA se ekonomiese probleme grootliks sy eie skuld: Möller | News Article

Kimberley - Agri SA se president, Johannes Möller, sê Suid-Afrika se ekonomiese probleme is grootliks sy eie skuld, omdat landelike ontwikkeling nie plaasvind nie.

Möller het vandag op Agri-Noord-Kaap se kongres in Kimberley gesê die departement van grondhervorming en landelike ontwikkeling se fokus val slegs op grondhervorming en daar word misluk met die ontwikkeling van die platteland.
 
As daar vroeër erns gemaak is met plattelandse ontwikkeling en die landbouwaardeketting sterker gemaak is, sou die land nie nou met sy huidige ekonomiese probleme gesit het nie.
 
Möller sê Suid-Afrika moet die voorbeeld volg van die lidlande van die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling, want ekonomiese vooruitgang en voedselsekerheid hang van landelike ontwikkeling en boerdery-ontwikkeling af.

Dirk Kok/OFM-nuus

Podcasts

Johannes Möller:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.