On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Noord-Kaap huldig vir Skillie van Rensburg

───   14:20 Thu, 21 Aug 2014

Agri-Noord-Kaap huldig vir Skillie van Rensburg | News Article

Kimberley - ’n Wiskunde-onderwyser aan Christian Brothers College in Bloemfontein wat voorheen as arbeidsdeskundige gewerk het, Henning Myburgh, word Agri-Noord-Kaap se nuwe hoofbestuurder.

Hy volg vir Johan van Rensburg op wat ná ’n loopbaan van 32 jaar in die georganiseerde landbou aftree.
 
Landbouleiers en boere het op Agri-Noord-Kaap se kongres in Kimberley hulde aan Van Rensburg gebring en hom ’n landboulegende met ’n uitsonderlike kennis van boerdery en georgansieerde landbou genoem.
 
Die president van Agri SA en Agri-Noord-Kaap, Johannes Möller en Henk van Wyk, het albei gesê hulle en talle landbouleiers en boere het baie wat hulle van georganiseerde landbou weet, by Van Rensburg geleer.
 
Van Rensburg, wat die laaste 24 jaar aan Agri-Noord-Kaap verbonde was, en sy vrou, Annamarie, gaan op Mosselbaai aftree, maar steeds deeltyds by Victoria-Wes boer.
 
Sy opvolger, Myburgh, sluit hom op 1 Oktober by Agri-Noord-Kaap aan.
 
Dirk Kok/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.