On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbankhoof sê boere moet aktief deel wees van beleidsgesprekke

───   15:12 Fri, 22 Aug 2014

Landbankhoof sê boere moet aktief deel wees van beleidsgesprekke | News Article

Kimberley - Die waarnemende hoof van die Landbank, Lindiwe Mdlalose, sê 'n medium termyn vol uitdagings lê vir die landbousektor voor.

Boere gaan innoverend moet wees en slim bestuursbesluite moet neem om te verseker hul boerderye gaan vooruit.
Sy is ook ten volle bewus van die uitdagings wat aan boere gestel word en die onsekerheid wat gepaard gaan met die regering se stappe om transformasie in die landbousektor aan te voer. Die landbousektor moet aktief deel bly van die nasionale gesprek hieroor, om die beleidmakers te beïnvloed.
Mdlalose het aan boere op vandeesweek se kongres van Agri-Noord-Kaap in Kimberley gesê die Landbank se sake lyk aansienlik beter en die bank wil 'n strategiese vennoot van die landbousektor en alle boere bly, ook ter wille van vinniger transformasie van dié sektor.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

Podcasts

Lindiwe Mdlalose:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.