On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Twee van VS en NW blink uit in Vroueboer van die Jaar

───   15:23 Mon, 25 Aug 2014

Twee van VS en NW blink uit in Vroueboer van die Jaar | News Article

Twee vroueboere van die Vrystaat en Noordwes was kategoriewenners in die landboudepartement en Toyota se Vroueboer van die Jaar-kompetisie.

Mponeng Lentoro, van Lentoro Farming Consultants op die plaas Vergezocht, by Bainsvlei buite Bloemfontein, is aangewys as die land se beste kommersiële boerdery-entrepreneur.
 
Thandeka Moseki, van die plaas Grootverdriet by Vryburg, is die beste bestaansboer.
 
Lentoro boer op haar plaas van 1064 ha buite Bloemfontein met graan onder besproeiing, vee, varke en hoenders. Sy fokus op bewaringsboerdery en waterbesparing en skep vir 10 werkers en 240 seisoenwerkers werk.
 
Noordwes se Moseki het met ’n klein veeboerdery begin wat haar in staat gestel het om 310 hektaar grond te koop. Sy plant en verkoop nou ook groente en vrugte.
 
'n Sitrus-uitvoerder van Kirkwood in die Oos-Kaap, Nokwanele Mzamo, is aangewys as die Vroueboer van die Jaar. Mzamo, van die plaas Luthando, het ook die kategorie vir die beste uitvoerder gewen.
 
Dirk Kok/OFM-nuus
 
 
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.