On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbousakeleier neem leisels van Agri-NW oor

───   14:30 Tue, 02 Sep 2014

Landbousakeleier neem leisels van Agri-NW oor | News Article

Rustenburg - ’n Boer en landbousakeleier van Stella, Pierre Vercueil, is op Agri-Noordwes se jaarkongres onbestrede tot nuwe president van dié landbou-organisasie verkies.

Vercueil, vee- en saaiboer asook voorsitter van die maatskappye Suidwes Landbou en Noord-Kaap Lewendehawe, volg vir Cor Jansen van Vuuren op wat ná vier jaar as president uittree.
 
Vercueil het ná sy verkiesing gesê Suid-Afrika sit met uitsonderlike boere wat vir verbruikers goedkoper kos produseer as in enige buurland. Boere gaan egter hul eie beeld onder mense moet verbeter. Landbouers gaan ook moet deel wees van die oplossings vir die uitdagings in die landbou.

Agri-Noordwes se kongres het vanoggend by die Hunters Rest-oord buite Rustenburg begin en duur tot môre.
 
Dirk Kok/OFM-nuus

Podcasts

Pierre Vercueil:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.