On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

'Regering laat boere in steek met swak ramphulp'

───   18:50 Tue, 02 Sep 2014

'Regering laat boere in steek met swak ramphulp' | News Article

Rustenburg - Landbouleiers in Noordwes en die Noord-Kaap en die Noord-Kaapse opposisie sê boere en gemeenskappe word steeds as gevolg van swak ramphulp deur die regering in die steek gelaat.

Die Noord-Kaapse DA-leier, Andrew Louw, sê dié provinsie se departement van samewerkende regering moet verduidelik waarom drie distriksmunisipaliteite met onbestede ramphulpgeld van R3,3 miljard sit, terwyl boere onlangs gebuk gegaan het onder die ergste droogte in jare.

 
Op Agri-Noordwes se kongres in Rustenburg het die uittredende president, Cor Jansen van Vuuren, en Agri-Noord-Kaap se vise-president, Nicol Jansen, gesê landbouers is in verlede jaar se knellende droogte deur die regering in die steek gelaat.
 
Boere en vee is hoofsaaklik met voer- en geldskenkings van ander boere en die publiek gehelp.
 
Jansen het gesê die regering moet uit hierdie samewerking leer en behoorlike en spoedige ramphulp begin lewer.

Dirk Kok/OFM-nuus

Podcasts

Nicol Jansen:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.