On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Rooivleisboere daag minister voor hof oor invoere

───   11:57 Wed, 03 Sep 2014

Rooivleisboere daag minister voor hof oor invoere | News Article

Rustenburg - Die Rooivleisprodusente-organisasie, sy eweknie vir opkomende veeboere, Nerpo, en ander rolspelers in die veebedryf het ’n hofinterdik teen landbouminister Senzeni Zokwana gevra nadat strenger dieregesondheidsmaatreëls vir die invoer van vee uit die buurlande verlede week opgehef is.

Noordwes se RPO-voorsitter, Flip le Roux, het vanoggend op Agri-Noordwes se kongres gesê hulle wil Zokwana dwing om die bestaande wetgewing oor dieregesondheid en veeverbetering, in lyn met die regulasies van die internasionale dieregesondheidsorganisasie, toe te pas.
 
Suid-Afrika se herwinde bek-en-klouseervrye status moet beskerm word. Die nasionale kudde moet ook behoorlik teen die gevaarlike kleinvee-runderpes en ander siektes beskerm word.
 
Le Roux sê die RPO sal hangende sy hofaansoek steeds met die regering beraadslaag oor strenger invoermaatreëls, maar wil behoorlike en spoedige vordering sien.

Die direkteur-generaal van landbou, Edith Vries, het die strenger maatreëls wat op 1 Mei in werking getree het, opgehef ná besware van die SA Voerkraalvereniging dat daar nie genoeg gekonsulteer is oor die maatreëls nie.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

Podcasts

Flip le Roux:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.