On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Hofstryd oor minerale regte gaan hervat word

───   16:51 Fri, 05 Sep 2014

Hofstryd oor minerale regte gaan hervat word | News Article

AfriSake sê hy en sowat 400 boere van Mpumalanga wat sonder vergoeding deur die regering van minerale regte ontneem is, gaan die hofstryd hieroor hervat.

Die grondwethof het verlede jaar teen Agri SA beslis dat hierdie boere nie onteien is nie. Die hof het beslis die staat is die voog van die eiendom en hoef nie daarvoor te betaal nie.
 
AfriSake se Cornelius Jansen van Rensburg sê hulle en die boere gaan die stryd hieroor vroeg volgende jaar hervat, om eiendomsreg te help beskerm.
 
Jansen van Rensburg sê die onteieningswet wat pas deur die kabinet goedgekeur is, wek ook groot kommer.
 
AfriSake gaan saam met ander plaaslike en internasionale sake-organisasies, wat ook bekommerd is oor die toekoms van eiendomsreg in Suid-Afrika, druk op parlementslede uitoefen om deeglik te besin oor eiendomsbeleid en wetgewing en hoe dit beleggings kan benadeel.
Dirk Kok/OFM-nuus   dirk@ofm.co.za 

Podcasts

Cornelius Jansen van Rensburg:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.