On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Teenkanting teen grondplafonne

───   16:53 Mon, 08 Sep 2014

Teenkanting teen grondplafonne | News Article

In die kringe van georganiseerde landbou klink teenkanting op teen grondsakeminister Gugili Nkwinti se hernude planne om boere se grondbesit te beperk.

Nkwinti het op die pas afgelope grondberaad in Boksburg 'n voorstel ter tafel gelê dat grondplafonne ingestel moet word vir van kleinboere tot groot kommersiële boere.
 
Grootskaalse boere behoort volgens hierdie voorstel tot 12 000 ha grond beperk word.
 
Konsensus hieroor kon nie bereik word nie.
 
Die landbou-eenheidsforum Asuf se voorsitter, Japie Grobler, Agri SA en Vrystaat Landbou het almal vandag gesê daar is reeds in die verlede aan Nkwinti uitgewys dat grondplafonne onprakties en onwerkbaar is.
 
VL se hoofbestuurder, Henk Vermeulen, sê die landbousektor gaan opnuut aan die regering moet uitwys wat ekonomies volhoubare boerdery-eenhede is. Grondplafonne sal onder meer die landbou, entrepreneurskap en voedselsekuriteit skaad.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 


Podcasts

Henk Vermeulen:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.