On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Agriculture

UV-departement wil boerdery met e-leer ondersteun

───   16:28 Tue, 16 Sep 2014

UV-departement wil boerdery met e-leer ondersteun | News Article

Die Universiteit van die Vrystaat se departement landbou-ekonomie gaan sy opleiding uitbrei met e-leerkursusse om boere en werknemers van landboumaatskappye se kennis aan te vul en hulle op hoogte van die jongste tendense te hou.

Departementshoof Dirk Strydom sê om 'n goeie e-leerafdeling te begin, werk hulle saam met die Mississippi State University wat een van die voorste e-leerafdelings het.
 
Die plan is om aan die een kant werknemers van landboumaatskappye se landboukennis met geakkrediteerde sertifikaatkursusse te verbreed. Aan die ander kant sal boere en boerderypersoneel hul sakekennis kan opskerp en aanvul.
 
Strydom het vanoggend op die Kovisie-kampus, op die departement landbou-ekonomie se jaarlikse industriedag vir landbou-ondernemings en hul beurshouers, gesê die e-kursusse sal in samewerking met kundiges uit die boerderysektor aangebied word, vir praktiese kennis aan boere en maatskappypersoneel.
 
Dirk Kok/OFM-nuus
 

Podcasts

Dirk Strydom:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.