On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Asuf wil regsbasis en vervalklousule hê vir hervorming

───   16:01 Fri, 26 Sep 2014

Asuf wil regsbasis en vervalklousule hê vir hervorming | News Article

Bloemfontein - Die landbou-eenheidsforum Asuf se voorsitter, Japie Grobler, sê sy lede dring daarop aan dat daar ’n sterk regsbasis vir grondhervorming gelê word en dat die regering in die toekoms die versekering sal gee dat geld vir behoorlike grondhervorming beskikbaar is.

Grobler sê die eenheidsforumlede, wat wit en swart asook groot en klein boere insluit, dring ook aan op ’n sogenaamde “sunset clause” of vervalklousule, sodat daar nie onbepaald gronduitsprake en aansprake gemaak kan word en eise op boere se grond ingestel kan word nie.
 
Grobler sê op ’n vergadering vandeesweek van Asuf se spesiale komitee oor grondhervorming is besluit om met ’n intensiewe proses te begin om werkbare grondhervormingsvoorstelle vir grondsakeminister Gugili Nkwinti op te stel. Asuf wil sy voorstelle teen Maart klaar hê.
 
Dirk Kok/OFM-nuus
 

Podcasts

Japie Grobler:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.