On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

'Waarom steun regering nie ontwikkelingsprojekte wat werk?'

───   11:00 Fri, 03 Oct 2014

'Waarom steun regering nie ontwikkelingsprojekte wat werk?' | News Article

Opkomende boere, rolspelers in die landbouwaardeketting en ’n DA-LP het op gister se vereringsgeselligheid vir boere in Graan SA se ontwikkelingsprogram die regering gekap omdat hy nie suksesvolle programme soos hierdie en opkomende boere behoorlik ondersteun nie.

Die maatskappy Syngenta se korporatiewe bestuurder, Mphilo Dlamini, het op dié geselligheid in Bloemfontein gesê die platteland en mense wat wil en kan boer, word deur die owerheid in die steek gelaat as gevolg van onsuksesvolle regeringsprogramme, korrupsie en die verkeerde mense wat landbougrond kry. Dit terwyl daar werkbare oplossings is, soos die Graan SA-ontwikkelingsprogram waarin tans meer as 4 000 boere ondersteun en ontwikkel word.
 
Opkomende boere het dieselfde gesê.
 
Die DA-skaduminister vir landbou, Annette Steyn, het gesê die regering moet sê waarom hy nie sy steun aan suksesvolle ontwikkelingsprojekte wil gee nie.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

Podcasts

Annette Steyn:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.