On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

'Plaasaanvalle nié rasgedrewe'

───   16:30 Mon, 06 Oct 2014

'Plaasaanvalle nié rasgedrewe' | News Article

Die Instituut vir Sekerheidstudies se Johan Burger sê plaasaanvalle is nie rasgedrewe nie, maar hebsuggedrewe.

Sapa berig Burger het vandag in Braamfontein, tydens die tweede been van die Menseregtekommissie (MRK) se verhore oor veiligheidsprobleme in boerderygemeenskappe, aan joernaliste gesê misdadigers wat plase aanval, doen dit omdat hulle gierig is en wil steel.
 
Burger het verder gesê die ontbinding van die destydse burgermagkommando’s in 2003 het 'n leemte gelaat en die huidige landelike beveiligingsplan skiet te kort. Dié plan is te niespesifiek en hulpbronne ontbreek vir die toepassing daarvan.
 
Die MRK het hierdie verhore gehou onder meer weens klagtes dat die regering nie ernstig is om plaasaanvalle en -moorde hok te slaan nie.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.