On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

GWK vat hande met WRSA

───   16:35 Mon, 06 Oct 2014

GWK vat hande met WRSA | News Article

Die landboumaatskappy GWK het met Wildbedryf SA in die Noord-Kaap hande gevat om wildboere in dié provinsie en omgewing te ondersteun.

GWK gee vir WRSA 'n kantoor en 'n administratiewe amptenaar in die nuwe GWK-hoofkantoor langs die N12 buite Kimberley.
 
Dié landboumaatskappy sê huidige en voornemende wildboere sal in dié kantoor ondersteun word met inligting oor die wildbedryf. Die kantoor sal ook vir boere 'n skakel wees met die departement van natuurbewaring en met die veeartsenykundige diens.
 
Hierdie kantoor sal volgens plan op 1 November open.
 
Die samewerkingsooreenkoms tussen GWK en WRSA word op 28 Oktober amptelik bekend gestel op 'n wilddag op Langberg buite Kimberley.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.