On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Dele van VS tot rampgebiede verklaar

───   13:35 Tue, 07 Oct 2014

Dele van VS tot rampgebiede verklaar | News Article

Dele van die distrikte Bethlehem, Fouriesburg, Clarens en Golden Gate asook gebiede by Zastron is deur die munisipaliteite van Dihlabeng en Mohokare tot rampgebiede verklaar ná verwoestende veldbrande wat hier gewoed het.

Die Vrystaatse landboudepartement se Mafa Mokoaqo sê by Harrismith word opnames nog gedoen van die enorme verliese wat boere in die onlangse veldbrande gely het, sodat dié gebied ook tot rampgebied verklaar kan word.
 
Hy sê die provinsie se regeringsdepartemente werk nóú saam met die nasionale landboudepartement en rampsentrum, om uiteindelik ramphulp vir die Vrystaat se boere te bekom.
 
'n Voorlopige verslag oor van die brandskade en verliese is ook reeds deur die provinsie se departement vir koöperatiewe regering aanvaar.
 
Dirk Kok/OFM-nuus
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.