On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

'VS-regering moet gou speel om ramphulp te kry'

───   17:04 Wed, 08 Oct 2014

'VS-regering moet gou speel om ramphulp te kry' | News Article

Die DA in die Vrystaat se Roy Jankielsohn sê sy party verwelkom dit dat die munisipaliteite van Dihlabeng en Mohokare dele van die Oos-Vrystaat en gebiede by Zastron ná verwoestende veldbrande tot rampgebiede verklaar het. Die munisipaliteit Maluti-a-Phofung moet nou gou speel met brandskade-opnames in die Harrismith-omgewing, sodat dié gebied ook ’n rampgebied kan word.

Jankielsohn sê die provinsiale regering moet daarna geen tyd mors om ramphulp vir boere van die nasionale regering te vra nie.

Die DA, landbourolspelers en noodreddingswerkers sê tydens die onlangse brande was dit weer duidelik dat die provinsie en munisipaliteite se rampbestuursdiens ver te kort skiet.
 
Die DA gaan in die wetgewer vra dit dringend reggestel word.
 
Dirk Kok/OFM-nuus
 
 

Podcasts

Roy Jankielsohn:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.