On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landboustudente van VS en NW vir opleiding in Denemarke

───   16:54 Thu, 09 Oct 2014

Landboustudente van VS en NW vir opleiding in Denemarke | News Article

Vyftien landboustudente van die Vrystaat en Noordwes het na Denemarke vertrek vir nege maande se praktiese boerdery- en boerderybestuursopleiding.

Die nasionale landboudepartement se Palesa Mokomele sê die studente sal onderrig aan die internasionale Dalum-kollege, Denemarke se grootste en oudste landboukollege, ontvang en op plase woon vir indiensopleiding.
 
Landbouminister Senzeni Zokwana het dié geleentheid vir die studente beklink toe sy Deense eweknie, Dan Jørgensen, Suid-Afrika onlangs besoek het.
 
Verskeie Vrystaatse landboustudente is tans ook in China vir verdere opleiding.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.