On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

MPO se Bertus de Jongh gaan aftree

───   15:17 Fri, 10 Oct 2014

MPO se Bertus de Jongh gaan aftree | News Article

Die uitvoerende hoof van die land se Melkprodusente-organisasie, Bertus de Jongh, het die MPO-raad gevra om vroeër af te tree. Hy sal oor ses maande die tuig neerlê.

MPO-voorsitter Tom Turner sê De Jong sal nog vir ses maande aanbly en help om die organisasie se strategie te hersien en om 'n nuwe uitvoerende hoof te kies.
 
Hy sê De Jong, wat ’n kwarteeu in die melkbedryf betrokke is, het 'n enorme rol in die MPO gespeel. Hy het die MPO gelei in 'n moeilike tyd, waarin die streng gereguleerde melkbedryf van destyds skielik in die vryemark moes staan.
 
De Jongh het in sy loopbaan onder meer ook die Suiwel-en-Melkraad en Melk SA gelei.
 
Turner sê die meeste van die MPO se leiers staan op aftree-ouderdom en nuwe leierskap is een van die sake wat aandag geniet.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.