On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

DA, VL sê dit is hoogtyd dat omstrede R74-Drakensbergroete herstel word

───   16:57 Mon, 13 Oct 2014

DA, VL sê dit is hoogtyd dat omstrede R74-Drakensbergroete herstel word | News Article

Vrystaat Landbou en die DA sê hulle verwelkom dit dat die provinsiale paaiedepartement die voosgeryde en omstrede R74-Drakensbergroete gaan herbou en herstel.Dit moes egter lankal gebeur het.

VL-hoofbestuurder Henk Vermeulen sê boere ly ekonomiese skade, toeristeblyplekke en restaurante het gesluit, minibustaxi-eienaars ly verliese en die plaaslike ekonomie word geknou as gevolg van dié onrybare pad.
 
DA-wetgewerlid Leona Kleynhans sê benewens die R74 is daar verskeie ander paaie in die Noord-Oos-Vrystaat wat in belang van inwoners, boere en plaaslike ekonomieë dringend herstel moet word.

Die Vrystaatse paaiedepartement het vandag gesê die proses het begin om tenders te vra vir die herstel van die R74 by Harrismith.
 
Dit kom nadat bouwerk aan dié alternatiewe roete na KwaZulu-Natal in 2012 tot stilstand geruk het as gevolg van die onregmatige toekenning van 23 padkontrakte in die Vrystaat.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

Podcasts

Leona Kleynhans:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.