On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Brande: Drie distrikte in VS nou rampgebiede

───   11:28 Tue, 14 Oct 2014

Brande: Drie distrikte in VS nou rampgebiede | News Article

Harrismith en ander gebiede in die Oos-Vrystaat asook Zastron, wat onlangs onder verwoestende veldbrande deurgeloop het, is amptelik deur premier Ace Magashule tot rampgebiede verklaar.

Magashule het die distrikte Maluti-a-Phofung, wat Harrismith insluit, Dihlabeng, wat Bethlehem, Fouriesburg, Clarens en Golden Gate insluit, en Mohokare, wat Zastron insluit, in die Provinsiale Koerant tot rampgebiede verklaar.
 
Die Vrystaatse landboudepartement se Mafa Mokoaqo sê 'n vergadering is vanoggend gehou om 'n aansoek vir ramphulpgeld aan die nasionale owerheid te finaliseer.
 
Hy sê die Vrystaat se finale skadeverslag aan die Nasionale Rampbeheerstentrum is so te sê klaar.
 
'n Afvaardiging van die nasionale sentrum sal die provinsie volgende week besoek.
 
Vrystaat Landbou se Jack Armour sê dit word verwelkom dat die drie distrikte relatief vinnig tot rampgebiede verklaar is.
 
Die DA se Roy Jankielsohn sê die owerheid moet nou gou speel om ramphulp te verleen. Boere het dringend hulp nodig ná die veldbrande.
 
Dirk Kok/OFM-nuus
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.