On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Dan Kriek: Dookoom-liedjie gee aanstoot en help nie opbou

───   14:59 Wed, 15 Oct 2014

Dan Kriek: Dookoom-liedjie gee aanstoot en help nie opbou | News Article

Bloemfontein - President van Vrystaat Landbou, Dan Kriek, sê die Kaapse rap-groep Dookoom gaan te ver met hul omstrede liedjie en musiekvideo waarin plaaswerkers in kru taal teen wit mense en boere uitvaar en waarin die afbrand van plase uitgebeeld word.

Kriek sê net soos die uitbeelding van  ’n naakte pres. pres. Jacob Zuma destyds in die kunswerk The Spear vir baie boere onvanpas was omdat dit die president se waardigheid aangetas het, gee Dookoom se liedjie aanstoot.
 
Dit is vir boere onvanpas en dit is nie opbouend nie. Kriek sê wanneer Suid-Afrikaners hul vryheid van spraak gebruik en sosiale kommentaar lewer, is dit nodig dat hulle hulself sal afvra of dit vanpas en opbouend is en wat werklik daarmee bereik word.
 
 
 
Kriek sê Suid-Afrikaners moet eerder Nelson Mandela se voorbeeld volg. Mandela het werk gemaak van ernstige kwessies en terselfdertyd mense bymekaar gebring. Hy het daarin geslaag omdat hy nie op mense se regte inbreuk gemaak het nie.
 
Dirk Kok/OFM-nuus
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.