On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

Hinterland bou handelskomplekse van miljoene op VS-platteland

───   16:49 Wed, 15 Oct 2014

Hinterland bou handelskomplekse van miljoene op VS-platteland | News Article

Senwes en Afgri se gesamentlike handelsonderneming Hinterland het R25 miljoen in 'n nuwe landbouhandelskompleks op Wesselsbron belê en net soveel geld word op die bou van ’n handelskompleks op Hoopstad bestee.

Hinterland se besturende direkteur, Frans du Plessis, sê waar boere op Wesselsbron in die verlede hul sake op verskillende handelspersele moes doen, is die nuwe sentrum ’n eenstopgerief.
 
Van trekkers, werktuie, grootmaatinsette soos kunsmis, saad en veevoer, tot kleinhandelsitems en brandstof is alles by die enkele sentrum te kry.
 
Dié sentrum word volgende week amptelik geopen.
 
Grondwerk vir die Hoopstad-sentrum het begin en dié sentrum behoort oor 15 maande klaar te wees.
 
Du Plessis sê dié groot beleggings op die Vrystaatse platteland moet vir mense aanduidend wees dat Hinterland in die toekoms van die platteland en die landbou glo.
 
Dirk Kok/OFM-nuus
 
 

Podcasts

Frans du Plessis:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.