On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Foto's: Hinterland open vlagskip-handelsentrum op Wesselsbron

───   14:06 Thu, 23 Oct 2014

Foto's: Hinterland open vlagskip-handelsentrum op Wesselsbron | News Article

Senwes en Afgri se gesamentlike handelsonderneming Hinterland het sy eerste vlagskip-landbouhandelskompleks gisteraand op Wesselsbron geopen. Dié sentrum is teen R25 miljoen opgerig.

 
 
Frans du Plessis (links), besturende direkteur van Hinterland, het die sleutel van die kompleks amptelik aan Johnny Bezuidenhout (middel), bestuurder van Wesselsbron-Hinterland oorhandig. Francois Strydom (regs), besturende direkteur van Senwes en voorsitter van Hinterland, het die handelsentrum amptelik geopen. Foto's Dirk Kok
 
 
 
Danie Minnaar (links), voorsitter van Senwes, en Chris Venter, besturende direkteur van Afgri, op die opening.
 
 
 
Die nuwe kompleks het R25 miljoen gekos. Net soveel geld word nou bestee op 'n Hinterland-handelsentrum op Hoopstad.
 
 
 
Die opening was  'n feestelike geleentheid. Gaste van Wesselsbron, buurdorpe en van oor die land heen het dit bygewoon.
 
 
 
Gaste in die handelstak. Die nuwe kompleks is opgerig om vir boere 'n eenstopgerief te wees, met die handelstak, onderdele-afdeling, werkwinkel en pakhuis alles onder een dak.
 
 
 
Senwes Meganisasie se nuwe werkwinkel in die handelskompleks.
 
 
 
 
 
 
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.