On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

'Regering kom steeds nie sy plig op Lesotho-grens na'

───   15:00 Fri, 24 Oct 2014

'Regering kom steeds nie sy plig op Lesotho-grens na' | News Article

Bloemfontein - Vrystaat Landbou se adjunkpresident, Kobus Breytenbach, sê terwyl nasionale polisiehoof Riah Phiyega sê die veiligheid van grense is vir die polisie 'n prioriteit, kom die owerheid steeds nie sy veiligheidsplig op die Lesotho-grens na nie.

Kragtens 'n ooreenkoms tussen Vrystaat Landbou en die regering, wat deur die hooggeregshof bekragtig is, moet die owerheid die grenspad begaanbaar maak.
 
Breytenbach sê werk moes in 2012 al begin en is veronderstel om teen middel volgende jaar klaar te wees. Niks word egter gedoen nie.
 
Die regering beplan wel om teen R450 miljoen 'n nuwe, breë grenspad van sowat 480 km te bou, maar dit kan jare duur. Breytenbach sê in die tussentyd móét die bestaande pad begaanbaar gemaak. Sonder 'n begaanbare pad kan patrollies nie gery en die grensheining nie herstel word nie en bly die veiligheid van boere en inwoners langs die grens in die gedrang.
 
Dirk Kok/OFM-nuus
 
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.