On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

VS-regering vra R140 miljoen aan vir ramphulp ná wegholbrande

───   17:43 Tue, 28 Oct 2014

VS-regering vra R140 miljoen aan vir ramphulp ná wegholbrande | News Article

Harrismith - Die Vrystaatse tesourie het R5 miljoen aan die provinsie se landboudepartement toegeken vir noodondersteuning aan boere van Harrismith, ander gebiede in die Oos-Vrystaat en Zastron wat onlangs onder verwoestende wegholveldbrande deurgeloop en tot rampgebiede verklaar is.

Die landboudepartement se Zimasa Mbewu sê die provinsiale regering het ook R140 miljoen van die nasionale landboudepartement gevra, vir ramphulp aan boere wat groot infrastruktuurverliese gely het.
 
Sy sê die geld wat in die tussentyd beskikbaar gestel is, sal gebruik word vir hulpvoer en vir brandstof om dit aan te ry. Meer as 600 boere in die Oos-Vrystaat en by Zastron het skade gely.
 
Bykans 100 000 ha weiveld het in die slag gebly en infrastruktuur soos skure en huise is beskadig. By Harrismith het vier mense hul lewe verloor en het meer as 1 200 stuks vee en perde vrekgebrand.
 
Dirk Kok/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.