On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

Voorste entrepreneur verwerp bestaande SEB-beleid

───   15:25 Thu, 30 Oct 2014

Voorste entrepreneur verwerp bestaande SEB-beleid | News Article

Bloemfontein - Die uitvoerende hoof van die Atterbury-groep, Louis van der Watt, sê hy verwerp die regering se Swart Ekonomiese Bemagtiging wat op maatskappye afgedwing word.

Dié beleid is nie sinvol of werkbaar nie.
 
Van der Watt het vanoggend, op Landbouweekblad se konferensie vir landbou-oplossings op die Bloemfonteinkampus van die UV gesê so lank die regering nie sinvolle SEB-beleid in werking stel nie, sal sy maatskappy nié die beleid ondersteun of nakom nie.

Van der Watt sê Atterbury, wat winkelsentrums van miljarde rande oor die wêreld heen bou, bemagtig al jare lank arm jong mense – swart en wit – om te studeer.
Hy sê Atterbury se sukses kan ook toegeskryf word aan die feit dat al sy werknemers hard gewerk het om te kom waar hulle is en eienaarskap gegee word. Het die regering sinvolle SEB-beleid gehad, sou daar nie onlangs mynstakings gewees het nie. Enkelinge kan nié in SEB-transaksies 10 tot 15% van myne gegee word, terwyl miljoene werkers nie een ’n aandeel het nie.
 
Dirk Kok/OFM-nuus

Podcasts

Louis van der Watt:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.