On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

'Saam met maatreëls vir gesonde en mooi kos moet verbruiker ook opgevoed word'

───   18:38 Thu, 30 Oct 2014

'Saam met maatreëls vir gesonde en mooi kos moet verbruiker ook opgevoed word' | News Article

Bloemfontein - Die tegniese bestuurder van Woolworths se projek Farming for the Future, Kobus Pienaar, het boere vandag in Bloemfontein gelyk gegee dat daar nog lank en ernstig gepraat gaan moet word oor hoe realisties al die streng maatstawwe vir omgewingsvriendelike boerdery en gesonde kos is.

Boere het vandag op Landbouweekblad se boerderykongres op die UV se Bloemfonteinkampus gepleit dat Woolworths verbruikers ook moet opvoed en hulle onder meer moet inlig dat ’n effens krom komkommer steeds ’n voedsame komkommer is en ’n letsel of haelmerk op die skil van ’n vrug nie beteken dié vrug is ongesond nie.
 
Uit boeregeledere is gesê vrugte moet nou met ’n klomp chemikalieë behandel word, sodat dit letselloos en blink op die winkelrak geplaas kan word.
 
Streng en onredelike maatreëls lei soms daartoe dat tot 50% van sommige produkte vermors word.
 
Pienaar het gesê Woolworths het ’n verantwoordelikheid teenoor sy klante, maar besef ook dat die gesprek hieroor nodig is, om balans te kry en vermorsing hok te slaan.

Die landbouleier Harry Prinsloo, van Smithfield, het gesê Woolworths se standpunte oor roofdierbeheer laat dit ook lyk of boere nie omgee vir die natuur nie, wat allermins die geval is.
 
Dirk Kok/OFM-nuus

Podcasts

Kobus Pienaar:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.