On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

'VS se veeartsenykundige diens skiet steeds te kort'

───   17:17 Wed, 05 Nov 2014

'VS se veeartsenykundige diens skiet steeds te kort' | News Article

Bloemfontein - Die hoof van die Vrystaatse landboudepartement, Peter Thabethe, sê sy departement se veeartsenykundige diens skiet, soos in die vorige boekjaar, steeds te kort.

Die provinsie het steeds nie genoeg veeartse nie.
 
Thabethe het aan die wetgewer se komitee oor ekonomiese ontwikkeling gesê die departement het vir verlede jaar drie veeartse met beurse laat oplei, maar ná hul studies is twee van hulle deur die Universiteit van Pretoria uitgekoop. Die derde veearts het weens familieverpligtinge na Mpumalanga teruggekeer.
 
Die Vrystaatse departement sukkel om veeartse te kry.
 
Met die goedkeuring van vleis vir uitvoere wat ook ’n provinsiale funksie geword het, is die werklas van senior veeartse groter en is daar op ander gebiede leemtes in die provinsie se distrikte.
 
Thabethe het gesê weens personeel- en hulpbrontekorte kan die departement nie al sy mikpunte vir die lewering van veeartsenykundige dienste bereik nie. Werk word egter daarvan gemaak om veeartse te kry en hulle te behou.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.