On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Agriculture

BKB, regering vat hande vir skeeropleiding

───   17:25 Wed, 05 Nov 2014

BKB, regering vat hande vir skeeropleiding | News Article

Bloemfontein - Die land se wolbedryf het 'n inspuiting gekry met 'n samewerkingsooreenkoms tussen die landboumaatskappy BKB en die regering om skaapskeerders oor die land heen op te lei.

BKB se hoofbestuurder vir wol en bokhaar, Isaak Staats, sê dié landboumaatskappy en die Oos-Kaapse Koega-ontwikkelingskorporasie sal oor die volgende jaar minstens 300 jong mense teen R11 miljoen oplei om te skeer en wol te klas.
 
Hiermee saam kry die Vrystaat ook 'n inspuiting. BKB, wat sy teoretiese skeeropleiding tans op Edenburg aanbied, open volgende jaar 'n permanente skeerskool op Kroonstad. 'n Opleidingsgerief vir skaapboerdery word ook by dié skeerskool in die vooruitsig gestel.
 
Staats sê die samewerkingsooreenkoms is 'n welkome inspuiting vir die land se groeiende wolbedryf en vir werkskepping.

Wol van R2,7 miljard word tans in die land geproduseer. BKB sê Suid-Afrika se markaandeel van 5% vir uitvoerwol en –bokhaar in die wêreld kan tot 8 of 10% groei. BKB het die laaste jaar 120 gekwalifiseerde skeerders opgelewer.
 
Dirk Kok/OFM-nuus
 
 
 
 

Podcasts

Isaak Staats:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.