On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

NDBV verheug ná uitspraak oor klaer se identiteit

───   16:55 Thu, 06 Nov 2014

NDBV verheug ná uitspraak oor klaer se identiteit | News Article

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging sê hy is verheug dat hy kragtens 'n uitspraak van die Gautengse hooggeregshof klaers oor dieremishandeling se identiteit kan beskerm en kan waarborg dat klaers anoniem sal bly.

Die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie wou die NDBV verlede jaar met 'n hofbevel verplig om die naam bekend te maak van 'n klaer wat ’n varkboer by die NDBV verkla het. SAVPO het ook besonderhede oor die klag geëis.
 
Die NDBV se regspan het Savpo se hofaansoek beveg en die hof het nou ten gunste van die NDBV beslis, dat die NDBV nie sy bron hoef bekend te maak nie.
 
Die NDBV se uitvoerende adjunkhoof, Esté Kotzé, sê die NDBV is afhanklik van die publiek vir inligting oor dieremishandeling en hierdie uitspraak is vir hulle 'n groot oorwinning.
 
Dirk Kok/OFM-nuus
 
 

Podcasts

Esté Kotzé:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.