On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Agri Securitas help weer in die Vrystaat

───   16:33 Mon, 10 Nov 2014

Agri Securitas help weer in die Vrystaat | News Article

Bloemfontein - Die Agri Securitas-trustfonds het die tweede keer in 'n kort tyd geld bewillig om die veiligheid van Vrystaatse boerderygemeenskappe te verbeter.

Dié trustfonds het geld bygedra vir veiligheidskameras om toegangspaaie en voertuie by Smithfield te monitor asook vir ’n radioherhaler by Reitz en vir tweerigtingradio’s om misdaad by Bothaville te beveg.
 
Die voorsitter van die fonds, Japie Grobler, sê boerderygemeenskappe word gedwing om hulself al hoe meer teen misdadigers te beskerm.
 
Hy sê met die veiligheidskameras sal voertuigbewegings by Smithfield dopgehou kan word, veral om veediewe vas te vat en af te skrik.
 
Die voorsiening van ’n herhaler en handradio’s by Reitz en Bothaville sal probleme met noodkommunikasie tussen boere en die owerheid oplos, vir beter beveiligingsoptredes.
 
Agri Securitas het onlangs ook sy gewig ingegooi by Vrystaat Landbou se nuwe veiligheidslessenaar, wat misdaadinligting insamel en verwerk vir optredes saam met die owerheid. Philippolis se boerderygemeenskap het ook onlangs geld vir ’n radioherhaler gekry.
 
Dirk Kok/OFM-nuus
 
 
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.