On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Noordwes-premier sê mense moet meer erns maak van landbou

───   16:38 Mon, 10 Nov 2014

Noordwes-premier sê mense moet meer erns maak van landbou | News Article

Bloemfontein - Noordwes-premier Supra Mahumapelo het in die Manamolela-nedersetting naby Delareyville, waar hy as veewagter grootgeword het, 'n beroep op inwoners van die munisipale gebied Tswaing gedoen om meer erns van landbou te maak.

Mahumapelo sê die meeste van die Tswaing-gebied se vrugbare landbougrond lê onbewerk. Dit is nou tyd vir gemeenskappe om te wys hulle wil hierdie grond sinvol benut.
 
Hy sê mense móét kos verbou en help om die provinsie se ekonomie te laat groei.
 
Die premier het ook nog sewe stoetbulle aan bestaansboere oorhandig, as deel van die provinsiale regering se bulsubsidieskema vir die verbetering van kleinboere se vee.
 
Hy het ook 'n projek afgeskop om tradisionele leiers te bemagtig om beter te boer, sodat kos geproduseer kan word vir arm gesinne en ouerlose huishoudings.
 
Die Bakolobeng-leier Jeff Molete, van die Ganalaagte-nedersetting, het 'n trekker, werktuie, saad en kunsmis van R1,5 miljoen gekry om mielies, sonneblom en ander gewasse op 100 ha te verbou.
 
Mahumapelo het inwoners belowe die slegte paaie in Tswaing sal in fases reggemaak word.
 
Dirk Kok/OFM-nuus
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.