On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

'Sterk bioveiligheidsraamwerk vir GMO's nodig'

───   16:52 Wed, 12 Nov 2014

'Sterk bioveiligheidsraamwerk vir GMO's nodig' | News Article

Bloemfontein - Die minister van wetenskap en tegnologie, Naledi Pandor, sê Suid-Afrika mag nie toelaat dat dat geneties aangepaste organismes (GMO's) 'n bedreiging vir biodiversiteit in die land word nie.

Pandor het in Kaapstad, op die 13de internasionale simposium oor die bioveiligheid van GMO’s, gesê die land het 'n sterk bioveiligheidsraamwerk vir GMO’s nodig.
 
Sy het gesê bioveiligheid moet nie slegs fokus op omgewingsimpak nie, maar ook op die uitwerking van GMO’s op die gesondheid van mens en dier.
 
Die publiek moet, volgens haar, betrek word met die opstel van die bioveilingheidsraamwerk. Mense in die samelewing, met hul verskillende belange, perspektiewe en waardes, moet toegelaat word om hul saak aan die reguleerders van GMO's te stel.
 
Pandor het gesê Suid-Afrikaanse kommersiële boere en kleinboere baat by bykans 3 miljoen hektaar onder geneties gemodifiseerde gewasse. Hiermee saam is Suid-Afrika die derde mees biodiverse land in die wêreld.
 
Dit is die eerste keer wat hierdie simposium in Afrika gehou word. Dit het Maandag afgeskop en eindig môre.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.