On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Dele van Noordwes het nou goeie reën nodig

───   16:55 Wed, 12 Nov 2014

Dele van Noordwes het nou goeie reën nodig | News Article

Bloemfontein - Graan SA-ekonoom Petru Fourie sê terwyl wydverspreide en goeie reën die laaste tyd in die land se somergraangebiede geval het, het dele van Noordwes steeds deurdringende reën nodig sodat graanboere hul landerye kan voorberei om te plant.

Die normale plantdatum vir boere in Noordwes is 20 November, maar reën in dié provinsie was baie wisselvallig. Sommige dele het nog te min reën gehad vir doeltreffende grondbewerking.
 
Fourie sê in KwaZulu-Natal en Mpumalanga, waar goeie reën uiteindelik geval het, gaan boere laat plant. Boere in dié twee provinsies wag, soos landbouers in die Vrystaat, vir droër grond om te kan plant.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

Podcasts

Petru Fourie:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.