On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Agriculture

Bosveld-sitrusgroep aangewys as Boerdery van die Jaar

───   10:40 Mon, 17 Nov 2014

Bosveld-sitrusgroep aangewys as Boerdery van die Jaar | News Article

Suid-Afrika se grootste private sitrusboerdery en –uitvoerder, die Bosveld-groep in Limpopo, het Vrydagaand in Bloemfontein die Landbouskrywers SA se eerbewys vir die land se Boerdery van die Jaar ontvang.

Dié groep het in die 1960’s op 100 ha met sitrus begin boer. Vandag is dit 'n groep maatskappye wat sitrus op meer as 3 600 ha verbou en jaarliks 5,5 miljoen kissies uitvoersitrus aan 50 lande lewer.
 
Die Bosveld-groep, wat werk aan meer as 5 000 mense verskaf, produseer ook tonne piesangs, avokadopere, mango's en suikerriet.
 
Bosveld is tans ook in die nuus weens 'n loodsprojek om, saam met die Nasionale Beplanningskommissie, ’n grondhervormingsmodel te ontwikkel wat by die Nasionale Ontwikkelingsplan inpas.
 
Bosveld se nie-uitvoerende voorsitter, Milaan Thalwitzer, het op die oorhandiging gesê hy is positief oor die toekoms van landbou, maar boere gaan daadwerklik betrokke moet raak om uitdagings en probleme te help oplos.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

Podcasts

Milaan Thalwitzer:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.