On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

BFAP se Ferdi Meyer is Landboukundige van die Jaar

───   10:44 Mon, 17 Nov 2014

BFAP se Ferdi Meyer is Landboukundige van die Jaar | News Article

Bloemfontein - Ferdi Meyer, direkteur van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid, BFAP, is Vrydagaand in Bloemfontein deur die Landbouskrywers SA aangewys as 2014 se Landboukundige van die Jaar.

Meyer het 'n dekade gelede  'n leidende rol gespeel in die totstandkoming van BFAP, 'n voertuig vir scenariobeplanning en risiko-ontleding.
 
Die totstandkoming van BFAP was 'n eerste vir Suid-Afrika.
 
BFAP doen navorsing en lewer diens aan die Nasionale Beplanningskommissie en die Nasionale Landboubemarkingsraad en onder meer aan die departement van handel en nywerheid, die tesourie, die Mielieraad, Graan SA en verskeie landboubedryfsorganisasies.
 
Vanjaar se Nuwe Toetreders tot Kommersiële Boerdery in die land is Ralph en Preline Swart van Elim in die Wes-Kaap.
 
Ralph wat deel is van Graan SA se ontwikkelingsprogram vir boere, is verlede maand, ook in Bloemfontein, aangewys as die Nuwe Era Kommersiële Boer van die Jaar.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.