On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Johan Norval is SA se Landboujoernalis van die Jaar

───   10:48 Mon, 17 Nov 2014

Johan Norval is SA se Landboujoernalis van die Jaar | News Article

Bloemfontein - Die Bloemfonteinse landboujoernalis en fotograaf Johan Norval, van Landbouweekblad, is op die Landbouskwyers SA se jaarlikse bekroningsplegtigheid van die land se beste boer en landboukundige as Suid-Afrika se Landbouskrywer van die Jaar asook die Landboufotograaf van die Jaar aangewys.

Op dié geselligheid, Vrydagaand in Bloemfontein, is die Bosveld-sitrusgroep van Limpopo as die Boere van die Jaar aangewys.
 
Die direkteur van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid, Ferdi Meyer, is die Landboukundige van die Jaar.
 
Die Nuwe Toetreders tot Kommersiële Boerdery in die land is Ralph en Preline Swart, van Elim in die Wes-Kaap.
 
Die Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes se finaliste vir die Boer van die Jaar was onderskeidelik Cobus van Coller van Viljoenskroon, Hennie en Bertie Coetzee van Prieska en Richard Hobson van Setlagole.
 
Dié drie provinsies se kandidate vir Landboukundige van die Jaar was SA Stamboek se Charl Hunlun, OVK op Hopetown se Dirk Günter en Terratek Internasionaal/Suidwes Landbou se IB Oosthuizen.
 
Die ander kandidate vir die Nuwe Toetreder tot Kommersiële Boerdery was Keith en Jacqui Middleton van Jacobsdal in die Vrystaat en Morapedi Mutloane van Lichtenburg in Noordwes.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.