On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Foto's: Landbouskrywers SA wys bestes aan

───   10:56 Mon, 17 Nov 2014

Foto's: Landbouskrywers SA wys bestes aan | News Article

Die Landbouskrywers SA se jaarlikse bekroningsgeleentheid van die land se beste boere en landboukundiges is Vrydagaand saam met Absa-agrisake en Santam Landbou in Bloemfontein gehou.

Die room van Suid-Afrika se landbousektor het dié geselligheid op die Emoya-landgoed buite die stad bygewoon. Dit is die 37ste agtereenvolgende jaar wat die Landbouskrywers SA, hierdie toekennings doen en is vir die Landbouskrywers ’n hoogtepunt, sê Magda du Toit, voorsitter van die Landbouskrywers SA.
 
 
 
Boerderykampioene. Van links is Milaan Thalwitzer, nie-uitvoerende voorsitter van die Bosveld-groep in Limpopo wat as Boere van die Jaar aangewys is, Johan Norval van Landbouweekblad in Bloemfontein, Suid-Afrika se Landbouskrywer van die Jaar én Landboufotograaf van die Jaar, Gerhard Diedericks, hoof van Santam Landbou, en Ferdi Meyer, direkteur van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP), wat as die Landboukundige van die Jaar aangewys is. Foto's: Dirk Kok
 
 
 
 Vanjaar se beste Nuwe Toetreders tot Kommersiële Boerdery in die land is Ralph en Preline Swart, van Elim in die Wes-Kaap. Ralph wat deel is van Graan SA se ontwikkelingsprogram vir boere, is verlede maand, ook in Bloemfontein, aangewys as die Nuwe Era Kommersiële Boer van die Jaar. By hulle (regs) is Santam Landbou se hoof, Gerhard Diedericks.
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.