On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Departement gaan waterdiewe, besoedelaars vasvat

───   12:01 Mon, 17 Nov 2014

Departement gaan waterdiewe, besoedelaars vasvat | News Article

Bloemfontein - Die departement van water en sanitasie sê hy gaan van vandag af klopjagte oor die land heen uitvoer om die onwettige ontrekking van water uit riviere en ander bronne stop te sit. Nywerhede wat die land se riviere besoedel, gaan ook vasgevat word.

Die adjunk-direkteurgeneraal vir die regulering van die watersektor, Anil Singh, sê Suid-Afrika is een van die 30 droogtste lande in die wêreld en die land loop die gevaar om binne 20 jaar 'n woestyn te word indien water nie goed bestuur en spaarsamig gebruik word nie.
 
Hy sê dit is onaanvaarbaar dat sekere mense en nywerhede water gebruik sonder dat hulle vir waterlisensies aansoek doen. Daar is 'n toename in onwettige watergebruik en dit het  'n negatiewe uitwerking op die omgewing en skep ook maatskaplik-ekonomiese probleme.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.