On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

'Ace is voortydig met uitlatings oor Vrede-projek'

───   15:18 Mon, 17 Nov 2014

'Ace is voortydig met uitlatings oor Vrede-projek' | News Article

Bloemfontein - Die opposisieleier in die Vrystaatse wetgewer, Roy Jankielsohn, sê premier Ace Magashule is voortydig om te sê daar is geen probleme met die provinsiale regering se Vrede-suiwelprojek nie.

Magashule het die naweek gesê die Vrede-melkboerdery is 'n goeie projek wat Vrystaters in die toekoms gaan help voed. Daar is geen probleme met die projek nie.
 
Jankielsohn sê daar is steeds talle vrae, onder meer oor die miljoene rande wat in dié projek ingepomp is en oor hoe dit aangepak en bestuur is.
 
Hy sê dit is nie slegs die DA wat hierdie vrae vra nie. Die nasionale tesourie het die projek ondersoek en die nasionale departement van landbou het in ’n stadium sy geldelike steun as gevolg van probleme opgeskort.

Jankielsohn sê die DA sal eersdaags 'n ondersoekverslag van die Openbare Beskermer ontvang.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

Podcasts

Roy Jankielsohn:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.