On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

'Vrede-projek te duur'

───   15:21 Mon, 17 Nov 2014

'Vrede-projek te duur' | News Article

Bloemfontein - Die opposisieleier in die Vrystaatse wetgewer, Roy Jankielsohn, sê 'n volhoubare melkboerdery kos veel minder as die miljoene rande wat tot nou toe in die provinsiale regering se omstrede Vrede-suiwelprojek ingepomp is.

Jankielsohn sê die Vrede-projek sou aanvanklik R570 miljoen gekos het, waarvan die regering meer as R300 miljoen sou bydra. Tot nou toe is daar al meer as R114 miljoen aan dié projek bestee.
 
Jankielsohn sê rolspelers in die suiwelbedryf bevestig dat minder geld nodig is om 'n volhoubare projek te begin. Hy sê daar is te veel regeringsprojekte in die Vrystaat waarin miljoene rande gepomp word, sonder dat daar enige prestasie is.

Jankielsohn sê premier Ace Magashule is voortydig om te sê daar is geen probleme met die Vrede-melkboerdery nie, terwyl daar nog op ondersoekverslae oor dié projek gewag word.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

Podcasts

Roy Jankielsohn:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.