On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Nog 'n beurt vir Senwespark

───   10:07 Wed, 19 Nov 2014

Nog 'n beurt vir Senwespark | News Article

Bloemfontein - Potchefstroom se krieketstadion sal vir die volgende drie jaar weer Senwespark heet.

Daarmee saam het dié maatskappy ook sy borgskap vir plaasskoolkrieketontwikkeling, die Senwes-Spinners-program, vir nog drie jaar verleng.
 
Senwes se besturende direkteur, Francois Strydom, sê dié maatskappy is trots om verbind te word met Potchefstroom se krieketstadion, omdat dit 'n gerief van wêreldgehalte is wat al deur verskeie internasionale spanne as basiskamp gekies is en wat reeds verskeie kere as die land se beste krieketblad aangewys is. Die wyse waarop Noordwes-krieket sy sake doen, het die besluit versterk om die naamregte te hernu.
 
Senwes se Japie Fransman sê vyf Vrystaatse plaasskole en vyf in Noordwes sal vir die volgende drie jaar baat by die Spinners-ontwikkelingsprogram wat al agt jaar aan die gang is.
 
 
Francois Strydom (regs), besturende direkteur van Senwes, onderteken die kontrak vir die naamregte vir Senwespark vir ’n derde termyn van drie jaar. Links is die uitvoerende hoof van Noordwes-krieket, Heinrich Strydom. Foto: Infoworks
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.