On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Kongo-koors eis nog 'n boer se lewe

───   10:13 Thu, 20 Nov 2014

Kongo-koors eis nog 'n boer se lewe | News Article

Bloemfontein - Kongokoors het die lewe van ’n Noord-Kaapse merinoboer, die 48-jarige Parie Bothma van Sutherland, geëis.

Bothma is die tweede boer wat in net bietjie meer as twee maande aan dié gevreesde siekte dood is.
 
In September is die 40-jarige Kobie Hoffman, 'n dorperboer van Aroab in Namibië, in Bloemfontein dood nadat hy op sy plaas deur ’n bosluis gebyt en daarna op ’n familietroue op Upington siek geword het.
 
Bothma is eergistermiddag dood terwyl hy van een Kaapstadse hospitaal na  ’n ander oorgeplaas is. ’n Hartseer Madeleine Bothma sê haar man het verlede Donderdag begin siek word.  
 
’n Bosluis kon hom gebyt het toe hulle die vorige naweek in die Biedouw-vallei by Clanwilliam gekamp het, maar dit is nie seker nie.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.