Agriculture
SUT en Wesselsbron-boerdery vat hande vir opleiding─── 10:29 Fri, 21 Nov 2014
Bloemfontein - Die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in die Vrystaat het 'n samewerkingsooreenkoms van drie jaar met die Wesselsbronse Mokhachane-boerdery gesluit, vir praktiese navorsing- en opleidingsgeleenthede vir studente in landboubestuur.
Studente sal op dié plaas navorsing doen en praktiese boerdery-ondervinding opdoen.
Die SUT se departementshoof vir landboubestuur, Dennis Umesiobi, sê landboukundiges van die SUT en die Mokhachane-boerdery wil met noue samewerking verseker dat hierdie ooreenkoms vrugte afwerp.
Umesiobi en Mokhachane-boerdery se direkteur, William Mokhachane, sê die einddoel is die deeglike opleiding van jong mense om aan bedryfsbehoeftes te voldoen. Hulle wil ook studente se kanse om werk te kry, verbeter.
Dié ooreenkoms kan moontlik ná drie jaar verleng word.
Dennis Umesiobi (links), die SUT se departementshoof vir landboubestuur, en die Mokhachane-boerdery se direkteur, William Mokhachane, beklink die ooreenkoms.
Dirk Kok/OFM-nuus