On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

OVK word alleeneienaar van Gariep-abattoir

───   16:35 Mon, 24 Nov 2014

OVK word alleeneienaar van Gariep-abattoir | News Article

Bloemfontein - Die landboumaatskappy OVK, met sy hoofkantoor op Ladybrand, het die alleeneienaar geword van die Gariep-abattoir op Strydenburg in die Noord-Kaap.

OVK se besturende direkteur Stéfan Oberholzer, sê OVK, wat ’n belang van 85% gehad het in dié abattoir, het nou ook die res van dié onderneming bekom.
 
Dié abattoir kan 1 200 skaap of 100 bees per dag slag en lewer vleis aan groothandelaars oor die land heen. Dit is ook gerat om wild en volstruis te slag.
 
Op 1 Desember open OVK 'n vragmotorstilhouplek en brandstofverspreidingspunt op Ficksburg en 'n nuwe handelstak op Brandfort.
 
Brandstofaflewerings aan boere sal vanaf Ficksburg gedoen word. Met die nuwe handelstak op Brandfort sal OVK nou altesaam 51 handelstakke in die Vrystaat, Noord-Kaap en Oos-Kaap hê.
 
Dirk Kok/OFM-nuus
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.