On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

AfriForum gaan VN inlig oor plaasmoorde

───   16:49 Mon, 24 Nov 2014

AfriForum gaan VN inlig oor plaasmoorde | News Article

Bloemfontein - Die burgerregteorgansasie AfriForum sê hy gaan vandeesweek in Genève, Switserland, verslae oor die gebrek aan die beskerming van minderhede in Suid-Afrika en oor die krisis van plaasaanvalle en –moorde aan die Verenigde Nasies oorhandig

AfriForum se Alana Bailey woon môre en oormôre die sitting van die VN-menseregteraad se forum vir minderheidsaangeleenthede by.
 
Die AfriForum-verslag oor plaasmoorde, wat vroeër vanjaar by die SA Menseregtekommissie ingediens is, is een van die verslae wat AfriForum aan die VN gaan oorhandig.
 
Bailey sê AfriForum gaan die VN ook inlig oor die miskenning van Afrikaans en die gevolglike ontneming van die regte van misdaadslagoffers.
 
Sy sê AfriForum sal voortgaan om die skending van menseregte en minderheidsregte in Suid-Afrika onder die internasionale gemeenskap se aandag te bring.
 
Dirk Kok/OFM-nuus
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.