On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Grootse eise nóg ná hael in NK

───   16:46 Tue, 02 Dec 2014

Grootse eise nóg ná hael in NK | News Article

Bloemfontein. - Boere in die Noord-Kaap sê die laaste weke se haelskade aan dié provinsie se koringoes kan tussen R80 miljoen en R100 miljoen beloop.

Agri-Noord-Kaap se Nicol Jansen en die graanboer Dissie Kruger sê die grootste oesversekeringseise nog is hier ingedien, nadat koringlanderye van die Vanderkloofdam tot by Douglas in haelstorms deurgeloop het.
 
Skade aan landerye het gewissel van 10% tot 100%.
 
Kruger sê ondanks die haelskade lyk die eerste koring wat gestroop is mooi, met goeie proteïnpersentasies en hoë hektolitermassas.

Jansen sê 'n bedrywige tyd lê vir boere voor om die koringoes van die landerye af te kry en die mielies voor die Kersfees-spertyd geplant te kry.
 
Dirk Kok/OFM-nuus
 
 


Podcasts

Dissie Kruger:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.