On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

AfriForum, TLU wil met ANC praat oor plaasaanvalle

───   16:16 Thu, 15 Jan 2015

AfriForum, TLU wil met ANC praat oor plaasaanvalle | News Article

Bloemfontein - AfriForum en die TLU sê alhoewel die regering nie statistieke oor plaasaanvalle en –moorde bekend maak nie, blyk dit dat daar verlede jaar minstens 227 plaasaanvalle was, waarin 67 mense vermoor is.

AfriForum se Ernst Roets en die TLU se Chris van Zyl sê 2014 was, volgens beskikbare inligting, die jaar met die meeste plaasaanvalle sedert 1990.
 
Dit blyk ook plaasmoorde het sedert 2011 stelselmatig toegeneem.
 
AfriForum en die TLU sê hulle sal voortgaan om druk op die regering uit te oefen om plaasaanvalle tot prioriteitsmisdaad te verklaar.
 
Hulle gaan ook die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, vra vir  'n gesprek oor plaasaanvalle- en moorde met die ANC-leierskap.
 
Dirk Kok/OFM-nuus
 
 
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.